On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Central SA

Douglas-moord: Verdagte steeds op vrye voet

───   13:43 Wed, 03 Apr 2024

Douglas-moord: Verdagte steeds op vrye voet  | News Article
Isak Visser. Foto verskaf

“Ten spyte van verskerpte pogings deur die polisie om Isak Visser aan te keer, ontduik hy steeds wetstoepassing.”

Die hoofverdagte in die wrede moord op Cecilia Moncho in die Douglas-omgewing verkeer steeds op vrye voet.

Ten spyte van verskerpte pogings deur die polisie om Isak Visser aan te keer, ontduik hy steeds wetstoepassing.

Visser, wat geïdentifiseer is as ’n persoon van belang in die saak, is op Dinsdag (2/4) die laaste keer gesien toe hy glo van Campbell na Douglas gereis het. Ooggetuies het glo aan die polisie gesê hulle het Visser in nabygeleë bosse gesien skuiling soek terwyl ’n polisievangwa verbygery het, sê speursers. Tebogo Seekoei, wat die ondersoek lei.

Cecilia Moncho, wat bekend was as die liefdevolle Doesie. Foto: Facebook

Visser, geklee in swart, se bewegings het ál meer kripties geword, wat kommer by ondersoekers wek. Hy is die sleutel tot die oplossing van die raaiselmoord, sê Seekoei.

Cecilia Moncho, wat bekend was as die liefdevolle Doesie, is Saterdag (30/4) op Griekwastad vermoor toe haar lewe wreed kortgeknip is. Die polisie meen Visser het dalk belangrike inligting oor haar laaste oomblikke.

As jy enige inligting oor die moord of Visser het, maak kontak met Seekoei by 082 302 0391.

OFM Nuus/Charné van der Merwe cg


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.