On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Nolwethu
Listen Live Streams

Central SA

Noord-Kaapse polisie se reaksietye tot ’n uur

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 12:34 Fri, 12 Apr 2024

Noord-Kaapse polisie se reaksietye tot ’n uur | News Article
Bheki Cele, minister van Polisie. Foto: The South African

“Die minister en die ANC versuim hul plig om burgers te beskerm met daagliks meer as 85 moorde en 594 gewelddadige aanrandings.”

Die polisie se reaksietye op gewelddadige misdade verskil drasties tussen provinsies: In die Noord-Kaap is dit gemiddeld net meer as ’n uur, maar in die Vrystaat die helfte so lank.

Só het Bheki Cele, minister van Polisie, ’n parlementêre vraag beantwoord van Okkie Terblanche, DA-LP en die party se adjunkwoordvoerder oor Polisie. Volgens Cele is dit die gemiddelde tye wat die polisiekantore neem.

‘Polisie laat Suid-Afrikaners in die steek’

“In hierdie tyd het misdadigers al die tyd in die wêreld om te doen wat hulle moet doen. Die minister en die ANC versuim hul plig om burgers te beskerm met daagliks meer as 85 moorde en 594 gewelddadige aanrandings,” sê Terblanche.

Hy meen dis onaanvaarbaar dat die polisie Suid-Afrikaners in die steek laat wanneer hulle hulle die nodigste het. “Die DA beloof om hierdie tekortkominge te verbeter deur voldoende finansiering en kapasiteit vir die polisiemag te verseker, met die klem op die behoefte aan doeltreffende misdaadbeheer en openbare veiligheid.”

Reaksietye per provinsie volgens Cele:

  • Gauteng: Net minder as 12 minute.
  • KwaZulu-Natal: 21 minute en 44 sekondes.
  • Limpopo: 16 minute en 14 sekondes.
  • Mpumalanga: 23 minute en 13 sekondes.
  • Noord-Kaap: Meer as 60 minute en 10 sekondes.
  • Noordwes: Sowat 36 minute en 1 sekonde.
  • Oos-Kaap: 30 minute en 6 sekondes.
  • Vrystaat: 29 minute en 59 sekondes.
  • Wes-Kaap: 17 minute en 57 sekondes.

‘Einde van die maand is daar baie klagtes’

Hoewel die tye skokkend is, is daar egter baie faktore wat ’n rol speel, sê lt.kol. Chris van der Merwe van die blitspatrollie in Bloemfontein. Hy verduidelik aan die einde van die maand is daar gewoonlik baie klagtes wat dit onmoontlik maak om op alles te reageer, hoewel hulle hul bes probeer.

Hy sê die klagtes word in drie kategorieë geprioritiseer: Alfa, Bravo en Charlie. Alfa is gewoonlik ernstige klagte soos inbraak, Bravo is klagte wat reeds plaasgevind het, byvoorbeeld diefstal. Charlie is minder ernstige klagte soos iemand wat raad wil hê of ’n verdagte pakkie sien. 

Van der Merwe sê hulle probeer om so gou as moontlik op klagte te reageer en indien jy ’n probleem het, kan jy hulle enige tyd bel.

OFM Nuus dg/cg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.