On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Central SA

Jong leeus Nikola en Vasylyna kry nuwe lewe in Oos-Vrystaat

───   HEIDRÈ MALGAS 13:40 Tue, 30 Apr 2024

Jong leeus Nikola en Vasylyna kry nuwe lewe in Oos-Vrystaat | News Article
Nikola (leeumannetjie, agter) en Vasylyna (leeuwyfie, voor) maak saam #Nikolyna. Foto: FOUR PAWS

“’n Dierewelsynsorganisasie het twee jong leeus van Nederland na ’n permanente tuiste by LIONSROCK Big Cat Sanctuary by Bethlehem verskuif waar hulle reeds floreer.”

Nikola en Vasylyna is in 2022 gered, nadat hulle onderskeidelik uit privaat aanhouding in Montenegro en Oekraïne ontsnap en deur die strate begin dwaal het. “Hulle het aanvanklike sorg in Nederland ontvang,” vertel Deidre Daniels, FOUR PAWS se skakelbeampte.

“Met suksesvolle sosialisering sal dié paar, nou onafskeidbaar en met die bynaam ‘Nikolyna’, saam ’n geskikte habitat in Suid-Afrika geniet,” sê sy.

Die jong leeus Nikola en Vasylyna. Foto: FOUR PAWS

“Nikola en Vasylyna het ’n moeilike begin in die lewe beleef, maar hulle het veilig by hul permanente tuiste in Lionsrock aangekom, waar hulle dadelik hul nuwe habitat begin verken het,” sê Patricia Tiplea, FOUR PAWS se hoof van wildedierredding en voorspraak. 

“By Lionsrock sal hulle in ’n natuurlike, ruim omgewing onder die Afrikason leef en hul natuurlike gedrag uitleef as ’n getuienis van hul deursettingsvermoë.”

Die jong leeus Nikola en Vasylyna by LIONSROCK Big Cat Sanctuary. Foto: FOUR PAWS

Daniels sê kenners by FELIDA het Nikola en Vasylyna op hul verskuiwing voorberei deur gereelde kratopleiding, om sodoende hul gemak te verseker en stres te beperk. Hul reis na Lionsrock, insluitend hul vlug na Johannesburg, is noukeurig deur FOUR PAWS kenners gemonitor en het glad verloop.

“Nikola en Vasylyna se redding beklemtoon die ernstige omstandighede waarmee baie groot katte in private gevangenskap te kampe het,” sê Josef Pfabigan, FOUR PAWS se uitvoerende hoof en president. “Dit beklemtoon dat sulke diere nie geskik is as troeteldiere nie.”

Nikolyna arriveer by hulle nuwe tuiste. Foto: FOUR PAWS

“Die wydverspreide probleme van wanvoeding, siekte en stres lei tot voortydige dood en beklemtoon die dringende behoefte aan behoorlike beskerming en sorg. FOUR PAWS bepleit dat wildediere slegs in geakkrediteerde fasiliteite en heiligdomme gehuisves word om hul lyding te beëindig.”

OFM Nuus/ Heidré Malgas mvh

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.