On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Central SA

Boer, verpleegster en gestremde seun op plaas aangeval

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 12:30 Mon, 15 Apr 2024

Boer, verpleegster en gestremde seun op plaas aangeval  | News Article
Foto: my lowveld.net

“In die twaalf maande tot 31 Maart is 39 plaasaanvalle, wat tien moorde insluit, op landbougrond in die Vrystaat aangemeld.”

Twee mans wat drie mense op ’n plaas buite Reitz in die Oos-Vrystaat aangeval en beroof het, is steeds op vrye voet.

Die boer Laurie Potgieter (63) wie se been onlangs geamputeer is, sy verpleegsuster, Gerda Oosthuizen (58), en haar gestremde seun, Steven Fleming (32), is Vrydag (12/4) omstreeks 15:00 by die plaashuis ingewag nadat hulle inkopies gaan doen het.

“Hulle is vasgebind en hul koppe is met klere toegemaak. Die rowers het hul besittings in hul grys Toyota Hilux-dubbelkajuitbakkie gelaai en daarmee weggery,” sê Mahlomola Kareli, Vrystaatse polisiewoordvoerder. Potgieter se rewolwer is ook gebuit.

‘Die voertuig en die vuurwapen is teruggevind’

Hulle kon hulself losmaak en die polisie het omstreeks 19:00 op die toneel gekom. Hulle het die gesteelde voertuig in Zamdela opgespoor en agtervolg. ’n Skietery het tussen die verdagtes en die polisie uitbreek, maar die verdagtes het gevlug. Die voertuig en die vuurwapen is teruggevind. Niemand is in die skietery beseer nie. 

“In die twaalf maande tot 31 Maart is 39 plaasaanvalle, wat tien moorde insluit, op landbougrond in die Vrystaat aangemeld. Die moorde het plaasgevind in tien boerderygemeenskappe, nege dorpe met twee voorvalle in die omgewing van Bloemfontein,” sê dr. Jane Buys, veiligheidsrisiko-analis by Vrystaat Landbou.

‘Brandpunte is Wepener en die Bloemspruit-omgewing’

Die brandpunte vir plaasaanvalle en moorde is Wepener en die Bloemspruit-omgewing met vier elk. In Bethlehem, Bothaville, Fouriesburg, Harrismith, Kroonstad, Oranjeville en Welkom is twee voorvalle elk aangemeld. Plaasmoorde is in Bloemfontein, Dewetsdorp, Hertzogville, Kestell en Thaba Nchu gepleeg.

Wanneer die plaasaanvalle en -moorde in die 2023/24-boekjaar met die vorige boekjaar vergelyk word, toon dit ’n styging in plaasmoorde van vyf tot twaalf. Plaasaanvalle het met 45% tot 27 gedaal. Plaasaanvalle en -moorde in die Vrystaat is op die laagste vlak sedert 2015.

OFM Nuus/Charné van der Merwe dg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.