On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Central SA

Ficksburg-plaasaanval eis nog ’n slagoffer

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 14:33 Tue, 23 Apr 2024

Ficksburg-plaasaanval eis nog ’n slagoffer | News Article

“Die verdagtes het te voet van die toneel af gevlug en in ’n onbekende motor geklim wat langs die R26-pad naby die plaasopstal geparkeer was.”

’n Vroulike slagoffer, wat gewond is tydens die Ficksburg-plaasaanval, het in die hospitaal beswyk.

Die 19-jarige, wat skietwonde in haar maag en bobene opgedoen het, is die tweede slagoffer van die plaasaanval Sondagaand (21/04) op ’n kersieplaas in die Oos-Vrystaat, sê sers. Mahlomola Kareli, Vrystaatse polisiewoordvoerder.

Met die polisie se aankoms op die toneel laat Sondagaand was ’n kind (10), wat in die maag geskiet is, reeds dood.

‘Daar is nog geen beskrywing van die motor waarmee hulle weggejaag het nie’

Die twee gewapende mans het glo omstreeks 21:50 op die plaas Lonia in die distrik Ficksburg aangekom en, sonder om ’n woord te sê, op die plaasbewoners begin skiet.

Die verdagtes het te voet van die toneel af gevlug en in ’n onbekende motor geklim wat langs die R26-pad naby die plaasopstal geparkeer was. Volgens Kareli is daar nog geen beskrywing van die motor waarmee hulle weggejaag het nie.

“Nog vyf mense verkeer in ’n kritieke toestand in die hospitaal. Hulle almal het skietwonde opgedoen en is tussen die ouderdom van 13 en 50 jaar.”

Die motief vir die skietery is nog nie bekend. Twee sake van moord en vyf aanklagte van poging tot moord word ondersoek.

‘In die laaste kwartaal van 2023 het ... drie plaasmoorde plaasgevind in die distrikte Bloemfontein, Welkom en Reitz’

’n Uitgebreide soektog is aan die gang. Die polisie doen ’n beroep op enigiemand met inligting wat kan lei tot inhegtenisnemings en skuldigbevindings van die verdagtes om kapt. Petrus Lebakeng by 079 897 7144 te skakel, Stop Misdaad by 08600 10111, of om die MySAPS-app te gebruik.

Vrystaat Landbou het in Februarie berig in die laaste kwartaal van 2023 het agt plaasaanvalle, waaronder drie plaasmoorde, in die provinsie voorgekom. Moorde het plaasgevind in die distrikte Bloemfontein, Welkom en Reitz.

Die vyf, nienoodlottige plaasaanvalle was in Bloemspruit en die distrikte Bethlehem, Oranjeville en Steynsrus waar werkers en bewoners op plase en/of meestal kleinhoewes geteiken is.

OFM Nuus/Charne van Merwe mvh


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.