On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Central SA

Gerugte van cholera in Potchefstroom se water is ongegrond

───   KEKELETSO MOSEBETSI 12:03 Wed, 24 Apr 2024

Gerugte van cholera in Potchefstroom se water is ongegrond | News Article
JB Marks-munisipaliteit in Potchefstroom. Foto: OFM Nuus

“Die water in Potchefstroom voldoen aan Suid-Afrika se waterstandaarde en is veilig vir verbruik.”

Die JB Marks-munisipaliteit sê gerugte van cholera in Potchefstroom se watertoevoer is ongegrond. “Die water in Potchefstroom voldoen aan Suid-Afrika se waterstandaarde en is veilig vir verbruik,” sê Jeanette Tshite, munisipale woordvoerder.

Die gerugte maak inwoners paniekerig en is vinnig deur die munisipaliteit weerlê om die verspreiding van vals inligting te voorkom. Tshite beklemtoon die watergehalte in Potchefstroom word streng getoets en voldoen aan al die nodige standaarde wat deur Suid-Afrikaanse wetgewing vereis word.

Daar was verlede jaar paniek landwyd toe cholera uitgebreek het. Mense is versoek om ekstra voorsorgmaatreëls te tref en behoorlike higiëne te handhaaf te midde van die uitbreking en die toenemende aantal laboratorium-bevestigde choleragevalle.

“Watermonsters wat deur AfriForum en Save Ngwathe vanuit die Vaalrivier by Parys geneem is, is positief vir cholera getoets,” het Lambert de Klerk, AfriForum-omgewingsakebestuurder, destyds gesê.

In hierdie tydperk het die Departement van Water en Sanitasie die publiek versoek om nie water uit riviere, damme en strome te gebruik nie. Die eerste gevalle is verlede jaar in Hammanskraal in Gauteng aangemeld, terwyl ander gevalle dae later landwyd aangemeld is.

OFM Nuus/Kekeletso Mosebetsi dg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.