On Now
Weekends 20:00 - 23:59
The Music Man Mix The Music Man
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Central SA

Aanranding in Klerksdorp-parkeerterrein: Moordverdagte in hof

───   HEIDRÈ MALGAS 12:07 Sun, 05 May 2024

Aanranding in Klerksdorp-parkeerterrein: Moordverdagte in hof | News Article
Wernich Botha. Foto: Facebook

“Natasha Fisher, wat ten tyde van die voorval met Botha in ’n verhouding was, was voorheen met Pretorius in ’n verhouding.”

Wernich Botha, wat tereg staan vir die moord op Hilton Pretorius, verskyn Maandag (6/5) weer in die landdroshof in Klerksdorp.

Pretorius (32) is in September in ’n parkeerterrein in Doringkruin, Klerksdorp, aangerand en is 18 dae later aan sy beserings dood. ’n Ander man, die Klerksdorpse sakeman PW Roos, wat glo probeer ingryp het, is tydens die voorval bewusteloos geslaan.

Hilton Pretorius. Foto: Verskaf

Botha (33) is kort ná die voorval in hegtenis geneem op aanklagte van poging tot moord en aanranding met die doel om ernstig te beseer. Hy is uit op borgtog van R2 000. 

Volgens ’n berig deur Maroela Media word bespiegel dat ’n liefdesdriehoek aanleiding tot die aanranding gegee het. Natasha Fisher (28) wat ten tyde van die voorval met Botha in ’n verhouding was, was voorheen met Pretorius in ’n verhouding.

Die klagte teen Botha is intussen na ’n moordklag gewysig, sê Adéle Myburgh, Noordwes-polisiewoordvoerder. Die aanklag van aanranding met die doel om ernstig te beseer is ook gewysig na klag van poging tot moord ná die staat Roos se beserings hersien het.

Foto: Skermgreep

’n Video van die voorval is destyds wyd op sosialemediaplatforms versprei en wys hoe die twee slagoffers roerloos in ’n plas bloed in die parkeerterrein lê.

Pretorius is op 20 September in die hospitaal oorlede. Hy het ernstige breinbeserings tydens die aanranding opgedoen, sy skedel is gekraak en hy is moet bloeding op sy brein gelaat. Hy was tot met sy dood in ’n medies-geïnduseerde koma en aan ’n ventilator gekoppel.

OFM Nuus cvdw/mvh

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.