On Now
Weekends 20:00 - 23:59
The Music Man Mix The Music Man
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Central SA

Man van Upington doodgesteek nadat hy inbreker help vang

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 14:23 Thu, 25 Apr 2024

Man van Upington doodgesteek nadat hy inbreker help vang | News Article
Foto ter illustrasie.

“Tydens die agtervolging het ’n inwoner gehelp en die vermeende verdagte aangekeer.”

’n Man van Upington is doodgesteek nadat hy ’n vermeende inbreker help aankeer het.

Die verdagte is in aanhouding en sal na verwagting Vrydag (26/4) in die landdroshof verskyn, sê Omphile Masegela, Noord-Kaapse polisiewoordvoerder. Franchick Franklyn Beukes (37) is dood nadat hy Dinsdagmiddag (23/4) met ’n mes gesteek is.

’n Veiligheidsmaatskappy het ’n verdagte (32) in die Rosedale-woongebied agternagesit. Tydens die agtervolging het ’n inwoner gehelp en die vermeende inbreker aangekeer.

‘Die man is op die toneel dood verklaar’

Ná die inhegtenisneming het die verdagte na bewering die individu wat gehelp het, in die nek gesteek. Nooddienste het Beukes op die toneel dood verklaar. Dit is nie die eerste keer wat iemand in die omgewing met ’n mes doodgesteek word nie.

In Augustus 2021 is ’n man se liggaam naby die Jurgenskamp in Rosedale met ’n steekwond in sy nek gevind. Rumaco de Koker en Mpambaniso Sibabalo is twee dae later in hegtenis geneem en vir roof en moord aangekla. Die twee verdagtes het die oorledene van R15 en ’n brood beroof.

Albei is tot 10 jaar tronkstraf gevonnis vir roof. De Koker het ook 22 jaar tronkstraf vir moord gekry. 

OFM Nuus/Charne van der Merwe mvh

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.