On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Cars in the Park: ’n fees vir motors en gesinne

───   12:24 Mon, 29 Apr 2024

Sponsored12:24 Mon, 29 Apr 2024
Cars in the Park: ’n fees vir motors en gesinne | News Article
Foto verskaf

“Hierdie opwindende geleentheid, aangebied deur C & F Motor Spares, vind plaas op Woensdag 1 Mei 2024, by die Martie du Plessis Skool in Fichardtpark, Bloemfontein”.

Yolanda Maartens het met Tertius Swartz daaroor gepraat:

Vier die 35ste jaar van motors, pret, en nostalgie by die OVS Veteraanmotorklub se gewilde Cars in the Park! 

Berei jou voor vir ’n wye verskeidenheid motors wat uitgestal sal word, insluitend veteraanmotors, trekkers, motorfietse, en selfs die opwindende ‘oval track’ motors. Ontmoet ook nuwe motorhandelaars wat hul voertuie ten toon stel en geniet die verskeidenheid motorverwante besighede wat hul produkte uitstal.

Cars in the Park is ’n dag vir die hele gesin! Proe die heerlike kos van verskeie stalletjies en vind unieke, handgemaakte items terwyl die kinders hulself vermaak.

‘Ons vier ook Ford se 100-jarige bestaan in SA met ’n besonderse Ford-uitstalling’

Bewonder pragtige motors, motorfietse, en trekkers wat uitgestal sal word – ’n ware fees vir motorliefhebbers!

’n Absolute hoogtepunt is die 1924-Bentley, ’n spesiale juweel wat 100 jaar oud is en beslis die aandag werd is.

Ons vier ook Ford se 100-jarige bestaan in SA met ’n besonderse Ford-uitstalling, wat onder andere die ikoniese 1911 en 1926 Ford Model T insluit.

Die “Ride to Diecast Legends Tour” besoek ook Cars in the Park – ’n geleentheid vir uitstallers om ’n unieke Diecast-model van hul motor te ontvang!

Die ‘Oval Track’ manne is weer daar, ’n gewilde trekpleister vir almal, veral die jongspan.

‘Hekke open om 08:00 vir die publiek en die skou duur tot 15:00’

Moet nie van die ‘Toy Fair’ misloop nie, aangebied deur die Bloemfontein Modelmotor Klub, ’n geleentheid wat beslis iets spesiaals beloof!

Die publiek word hartlik uitgenooi om ’n heerlike gesinsdag op 1 Mei te kom geniet. Toegang is slegs R40 vir volwassenes, R10 vir kinders tussen 10-18 jaar, en gratis vir kinders onder 10 jaar. Hekke open om 08:00 vir die publiek en die skou duur tot 15:00. Hekgelde word geskenk aan liefdadigheidsinstansies, met Martie du Plessis Skool as die hoofbegunstigde.

Kontak Rene Greenland op 073 3080 827 vir verdere inligting oor die geleentheid.

OFM Nuus mvh

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.