On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Central SA

Man van Welkom aangekeer, nadat hy glo stiefdogter verkrag

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 13:52 Wed, 08 May 2024

Man van Welkom aangekeer, nadat hy glo stiefdogter verkrag | News Article
Foto: Ter illustrasie, iStock

“Hy het haar toe na bewering ontklee en verkrag.”

’n Man van Thabong verskyn Donderdag (9/5) in die landdroshof in Welkom op die aanklag dat hy sy dogter verkrag het. 

“Die beweerde verkragting het aan die lig gekom nadat die 17-jarige slagoffer en haar ma die maatskaplike dienste Dinsdag (7/5) besoek het,” sê kapt. Stephen Thakeng. Die meisie het glo gevra om alleen met die maatskaplike werker te praat en haar toe vertel wat haar stiefpa na bewering aan haar gedoen het.

‘Haar stiefpa het glo vir haar drank gegee’

Die voorval het sowat ’n maand gelede gebeur terwyl haar ma nie by die huis was nie. Die meisie sê sy het gaan slaap, nadat haar stiefpa glo op 6 April vir haar drank gegee het. Hy het haar toe na bewering ontklee en verkrag.

Die ma en dogter is deur die maatskaplike werker na die Thabong-polisiekantoor verwys om ’n klag van verkragting aanhangig te maak.

In 2019 is ’n pa van Bloemfontein swaar gestraf nadat hy sy eie dogter verkrag en haar ook voor een van haar vriendinne betas het. Die werktuigkundige (36) van ’n woonwapark in Bloemfontein is vir 20 jaar tronk toe gestuur, nadat hy skuldig bevind is op aanklagte van verkragting, aanranding, seksuele aanranding en die blootstelling van ’n minderjarige aan seksuele dade.

‘Die pa het sy dogter verskeie keer verkrag’

Dit het in 2018 begin, nadat sy dogter (toe 14) en seun (12) by hom en sy vrou in die woonwapark kom bly het. Die pa, wie se naam weerhou word om die kinders se identiteit te beskerm, het sy dogter verskeie keer verkrag en seksueel aangerand.

Hy het ook sy kinders gedwing om gereeld drank te misbruik. Die kinders is uit die sorg van die ouers geneem, nadat die dogter ’n vriendin by die skool in haar vertroue geneem het.

OFM Nuus dg/mvh


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.