On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Central SA

Upington: Man lewenslank tronk toe vir moord en aanranding

───   HEIDRÈ MALGAS 15:24 Wed, 08 May 2024

Upington: Man lewenslank tronk toe vir moord en aanranding | News Article

“Irion het ’n mes gevat en sy broer in die rug gesteek.”

’n Man van Upington is tot lewenslange tronkstraf gevonnis op twee aanklagte van moord nadat hy sy broer en sy eksmeisie se pa vermoor het. Hy is ook aangekla van aanranding.

“Christoffel Samuel Irion is gevonnis in die hooggeregshof wat in Upington gesit het,” sê Mojalefa Senokoatsane, NVG-woordvoerder.

Hy sê op 2 November 2019 was Irion en sy broer, Jacques Jacobus Irion, by hul ouerhuis toe ’n rusie tussen die twee broers ontstaan het. Irion wou gehad het sy broer moes sy skoene uittrek maar hy het geweier. 

‘Die broer is op die toneel dood en die polisie is ontbied’

“Irion het ’n mes gevat en sy broer in die rug gesteek,” sê Senokoatsane. “Die broer het uit die huis gehardloop om hulp te soek en toe ’n buurman probeer ingryp, het Samuel hom in die kop gesteek.”

Die broer is op die toneel dood en die polisie is ontbied. Die verdagte is in hegtenis geneem. Irion was elf maande lank in aanhouding totdat die saak van die rol geskrap is weens onvolledige ondersoek. Twee jaar later, op 27 Februarie 2021, het Irion die huis van sy meisie besoek, waar hy sy meisie, haar tante, en haar pa, Jacob van Wyk, gevind het.

‘Samuel het ’n mes geneem en Jacob van Wyk gesteek’

“Hy het toe sy meisie beveel om saam met hom te kom en sy het geweier. Samuel en sy meisie se pa het begin argumenteer toe die pa sy dogter probeer beskerm het. Dit was tydens hierdie rusie dat Samuel ’n mes geneem en Jacob van Wyk gesteek het, wat op die toneel dood is. Die polisie is ontbied en hy is in hegtenis geneem,” sê Senokoatsane. 

Sue-Ann Weyers-Gericke, staatsaanklaer, het aangevoer die beskuldigde moet tot die maksimum vonnis toepaslik vir sulke ernstige oortredinge gevonnis word aangesien hy nie een persoon vermoor het nie, maar twee vermoor en nog een beseer het.

‘Hof is tevrede met die bewyse’

Hy het nie net ’n gebrek aan berou getoon nie, maar ook ’n gebrek aan empatie omdat hy twee onskuldige mense vermoor het, sonder om in ag te neem watter verlies sy dade vir die twee families sou meebring.

Die hof het tydens vonnisoplegging gesê hy is tevrede met die bewyse wat deur die staat deur sy getuies aangebied is. Die beskuldigde is gevonnis tot 15 jaar tronkstraf op aanklag een van moord, vyf jaar op aanklag twee van aanranding met die opset om ernstig te beseer en lewenslange tronkstraf op aanklag twee van moord.

OFM Nuus dg/mvh

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.