On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

VF Plus in Meyerton dien strafregtelike klagte in teen partyleiers

───   14:55 Thu, 09 May 2024

VF Plus in Meyerton dien strafregtelike klagte in teen partyleiers | News Article
Foto verskaf

“Dié bedrag is na bewering onregmatig aangewend om die reisonkoste van die VF Plus se nasionale voorsitter, adv. Anton Alberts, te betaal.”

VF Plus-lede van die Meyerton-tak vra steeds duidelikheid oor die toekenning van R101 000 se partyfondse.

Dié bedrag is na bewering onregmatig aangewend om die reiskoste van die VF Plus se nasionale voorsitter, adv. Anton Alberts, te betaal.

’n Groep ongelukkige lede het Woensdag (8/5) by die Meyerton-polisie opgedaag waar hulle ’n kriminele klagte teen Alberts, sowel as die VF Plus se dagbestuur, ingedien het. Dit sluit Jaco Mulder, dr. Pieter Groenewald, dr. Corné Mulder, Werner Weber, dr. Wynand Bohoff en Wouter Wessels in.

‘Hy eis na bewering ook vir sy troeteldier se veeartsrekeninge’

Alberts, ’n Gautengse wetgewerlid, het na bewering ongemagtigde eise vir reiskoste ingedien, wat die koste van ’n persoonlike motorbestuurder insluit, asook die koste van ’n voertuig wat hy by sy pa, Gideon Alberts, gehuur het. Hy eis na bewering ook vir sy troeteldier se veeartsrekeninge.

Alberts, wat van 2009 tot 2019 as parlementslid gedien het, het glo spesiale reëlings getref, wat hom toegelaat het om in die middel van die week na Gauteng te reis sonder om die volle week se parlementêre verpligtinge na te kom. Hy het in 2019 die rol van koukusleier vir die party in die Gautengse wetgewer aanvaar, asook voorsitter van die VF Plus in Gauteng.

Die VF Plus-koukus, bestaande uit leiers soos dr. Pieter Groenewald, dr. Corné Mulder en Wouter Wessels, het Alberts opdrag gegee om die bedrag aan die parlement terug te betaal. Dié terugbetaling is volgens ’n beëdigde verklaring deur Phillip van Staden, die VF Plus se rekeningkundige beampte in Gauteng, gefasiliteer.

‘Ons wil weet wat van ons ledegeld word’

Lede van die VF Plus het aan Vaalweekblad gesê hulle het ernstige kommer oor die stand van die VF Plus se finansiële sake en die akkurate rapportering daarvan deur lede aan die VF Plus en Ouditeur-Generaal.

“Ons wil weet wat van ons ledegeld word wat ons almal maandeliks betaal. Dit lyk of dinge onder die mat ingevee word,” meen Susan Naudé, voorsitter van die VF Plus se tak in Kookrus, Meyerton.

Naudé meen die inhoud van die berig dui op ernstige wandade wat krimineel van aard kan wees. By navrae het Alberts geweier om kommentaar te lewer.

OFM Nuus mvh

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.