On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Entertainment Now

Suid-Afrikaanse kunstenaar se animasiefilm gekeur vir Annecy-animasiefees in Frankryk

───   10:02 Wed, 06 Apr 2016

Suid-Afrikaanse kunstenaar se animasiefilm gekeur vir Annecy-animasiefees in Frankryk | News Article
Suid-Afrikaanse kunstenaar Naomie van Niekerk se animasiefilm gebasseer op digter Ronelda Kamfer se gedig "'n Gewone blou Maandagoggend" is gekeur vir die Annecy-animasiefees in Frankryk. Noamie is uit die veld geslaan toe sy die epos ontvang aangesien sy reeds vergeet het dat sy ingeskryf het. 

Lees die volle berig hier: Netwerk24

Hier is Ronelda se gedig:

’n Gewone blou Maandagoggend-Ronelda S Kamfer


Dit was ’n gewone blou Maandagoggend
êrens het ’n ma haar kind se lyk gaan uitken
ek het my gewas, tande geborsel en my bio-taak afgehandel
op die yskas was ’n briefie van my ma
wat vra dat ek tog nie die Breyani so sterk moet maak vanaand nie
my sussie het haar sokkies gesoek en by halfag het ek die voordeur gesluit en die sleutel op die ou plek gaan wegsteek
by die huiswinkel het ek twee los sigarette gekoop en in my sokkie weggesteek
op die hoek van Wild Flower en Rosestraat het ’n meisie saam het haar toekomstige moordenaars gejoke
in my kop het Dylan Thomas geskreeu “do not go gentle into that good night, rage, rage against the dying of the light”
in die voorligtingklas het my hoogswanger beste vriendin begin bloei
buite in die straat was daar ’n paar gun shots
by eerste pouse was daar ’n lyk in Skoolstraat
’n uitstel op die bio-taak en ’n vrou wat gillend in die straat afhardloop en vir die Here vra “waar was Josef toe Jesus gekruisig is?”


Hier is die lokprent vir die animasiefilm


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.