On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Entertainment

Woordstroom: Johrné 'verhuys' na Oos-Vrystaat

───   05:30 Fri, 27 Jan 2023

Woordstroom: Johrné 'verhuys' na Oos-Vrystaat  | News Article
OFM se Gerben van Niekerk en Johrné van Huyssteen op Clarens.

Welbekende Sentraal Suid-Afrikaanse persoonlikheid, Johrné van Huyssteen, het hom ná ’n draai in Gauteng, weer in die Vrystaat kom vestig. Gerben van Niekerk gesels met hom op Clarens.

Gerben van Niekerk gesels met Johrné oor sy reis vanaf droom van prokureur word, tot teologiestudent, musikant, mediamens en dan vandag eiendomsagent op Clarens.

Gerben het hom uitgevra oor:

(00:00) Hoekom hy ooit daaraan gedink het om 'n prokureur te word
(08:08) Sy sieninge oor homoseksualiteit en rassisme
(20:36) Sy opinie oor afrikaanse musiek en Steve Hofmeyer
(29:44) Sy aftrede en ook as hy 'n PhD kan doen, waarin sou hy dit doen
(37:20) Sy huwelik en die toekoms

Om na ander episodes te luister, besoek gerus Woordstroom.

Johrné is in 1974 op Griekwastad gebore en het aan die Hoërskool Reitz gematrikuleer. 

Vanaf 1994 studeer hy teologie en verwerf ’n honneursgraad in Bybelkunde en ’n meestersgraad in praktiese teologie. 

In die 2000’s word hy die stigterslid van Geblikte Afrikaans en die musiekgroep ddisselblom. Dié groep laat vier albums die lig sien.

Johrné sluit in 2011as omroeper aan by OFM en in 2015 by GROOTfm (ná ses jaar as televisie-aanbieder op kykNET, MK en SABC3 en drie jaar as die redakteur van DeKaT Man). 

In 2014 swem hy van Europa na Asië.

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.