On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Entertainment

Nuwe TV-reeks gooi Vrystaat se deure oop

───   ELSABÉ DE JAGER 08:10 Wed, 13 Mar 2024

Nuwe TV-reeks gooi Vrystaat se deure oop | News Article
In elke hoek van Bloemfontein lê stories en wag om vertel te woprd. Foto verskaf

"Elke episode beloof om ’n huldeblyk aan die veerkragtig- en vindingrykheid van die Vrystaters te wees."

Vrystaatbewoners is meer as net ’n dokumentêre reeks – dit is ’n reis van ontdekking, deernis en viering van die menslike gees.”

So gesels Ian Martin, regisseur van die televisiereeks Vrystaatbewoners, oor dié nuwe reeks. “Elke episode beloof om ’n huldeblyk aan die veerkragtig- en vindingrykheid van die Vrystaters te wees.”

Dié leefstylprogram, wat gaan draai in Ficksburg, Fauresmith, Bloemfontein, Clarens, Parys en Koffiefontein, sal kykers voorstel aan onder andere die valskermspringers Chris Moller en Elmarie Grobler van Parys. Op Heilbron wag Dries Cilliers en ’n groep duiweboere die kykers in.

Die Oos-Vrystaatse dorpie Fouriesburg is 12 km van Lesotho. Foto verskaf

“’n Spesiale episode word gewy aan die visioenêr Willie Nel van die plaas Moolmanshoek,” sê Martin. Verby Thaba Nchu, die hoogste berg in die Vrystaat, loop die kuierpad ook na die bekroonde kaasmaker Marietjie Crowther en Eddie Prinsloo, kampioen-merinoboer op die plaas Heiningkrans in die distrik Smithfield.

“Met Vrystaatbewoners vertel ons, soos met die voorgangers Laeveldbewoners, Karoobewoners en Weskusbewoners, die stories van mense wat tuis is in streke van Suid-Afrika wat dikwels oor die hoof gesien word,” sê Suzanne Stevens, adjunk- uitvoerende beampte van die lewensversekeringsmaatskappy Brightrock, vervaardiger van die reeks.

“Almal het ’n idee van hoe mooi die Vrystaat is met al (sy) besienswaardighede, maar met die verfilming van Vrystaatbewoners het die Brightrock-span die diepte en skoonheid van verskeie gemeenskappe gevind wat net vertel móét word.

Moolmanshoek is ’n natuurerfenis wat 3 300 ha beslaan. Foto verskaf

“In elke hoek, van die bedrywige strate van stedelike sentrums en dorpies tot rustige stukke plaasgrond, was stories weggesteek wat vertel moes word,” sê Tarryn Josephs, publisiteitsbeampte van kykNET.

Vrystaatbewoners word vanaf 4 April uitgesaai.

OFM Nuus/Elsabé de Jager dg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.