On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Human Interest

Bettina Wyngaard wen Rapport-prys

───   15:26 Tue, 10 Aug 2010

Bettina Wyngaard wen Rapport-prys | News Article

Laurissa Vergottini

Bettina Wyngaard se debuutroman, Troos vir die gebrokenes, is hierdie naweek met die gesogte Jan Rabie Rapport-prys bekroon. Die Jan Rabie Rapport-prys erken vernuwing en innovering in die Afrikaanse letterkunde, en word jaarliks toegeken aan 'n debuut- of vroeë (tweede) werk deur 'n Afrikaanse skrywer. Die roman is ’n sonderlinge binnekyk op ’n plattelandse bruin gemeenskap en die onvergeetlike karakters wat ten spyte van alles die lewe vol in die oë kan kyk. Bettina Wyngaard het in Grabouw grootgeword, en maak steeds die Overberg haar tuiste. Sy het haar B.A. en LL.B. aan die Universiteit van Stellenbosch verwerf en daarna vir ’n aantal jare as prokureur gepraktiseer. Sy werk tans vir die Anglikaanse Kerk.

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.