On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Human Interest

Byt vas, die reën kom - Buchan

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 07:48 Fri, 05 Feb 2016

Byt vas, die reën kom - Buchan | News Article
Angus Buchan (Christal-Lize Muller/OFM-nuus)

Bloemfontein - Die aartappelboer en evangelis, Angus Buchan, jubel en juig oor ‘n stortvloed van reën wat sedert Woensdag op sy plaas in KwaZulu-Natal val.


Hy sê God is groot en mense moet vasstaan in hul geloof.

Sy boodskap aan gemeenskappe in droogtegeteisterde gebiede is om vas te byt en te bly glo opvolgreën is op pad. Buchan vertel mense in KwaZulu-Natal is dankbaar vir die goeie reën. Dit reën ook vir die eerste keer dié seisoen goed op Buchan se plaas waar dit ook bitter droog was.

Buchan glo nie aan toeval nie, maar in God. Hy sê mense moet vasbyt in gebiede waar dit nog nie goed gereën het nie. Mense moet nie moedeloos word nie. Hulle moet vorentoe kyk. “Moenie terugkyk nie, gister is in die verlede. Die toekoms is nie in ons hande nie. Leef vir vandag.”

Buchan sê in baie gebiede het dit al gereën, maar vir boere is opvolgreën nou noodsaaklik sodat hul gewasse kan groei. 

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.