On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Human Interest

Pasgebore baba van meer as 6kg begroet die wêreld

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 14:48 Wed, 01 Jun 2016

Pasgebore baba van meer as 6kg begroet die wêreld | News Article
Verskaf

Wolmaransstad - Groot opgewondenheid het verlede week in die Nic Bodenstein-hospitaal op Wolmaransstad in Noordwes geheers toe ‘n perdfris en gesonde babaseuntjie, wat 6,18kg geweeg het, gebore is.


Die waarnemende kliniese bestuurder van die hospitaal, Israel Mahume, sê dit is vir seker sover bekend ‘n rekordgewig vir ‘n pasgebore baba wat in dié provinsiale hospitaal in die wêreld ingebring is.

Hy sê klein Letlhogonolo Sethoko is verlede Woensdag omstreeks 11:13 met ‘n keisersnee gebore. Sy ma, Leah, kon nie normaal geboorte skenk nie, nadat die hospitaal se bekwame mediese personeel vroegtydig hul oordeel gebruik het dat ‘n keisersnee die beste opsie is vir ma en kind.

Mahume sê Lethlogonolo, ‘n Tswana-naam wat geluk beteken, is in dié geval heel gepas.

"Daar is nog nie voorheen ‘n baba in dié hospitaal gebore wat meer as 5kg geweeg het nie. Dit is definitief ‘n rekord vir die hospitaal dat ‘n gesonde baba, wat só swaar weeg, sonder komplikasies gebore is. Gewoonlik is pasgebore babas, wat só swaar weeg, nie altyd gesond nie, omdat hul ma’s gewoonlik diabete is. In dié geval ly Leah slegs aan hipertensie. Hy sê voorheen is babas wat tussen 4,2kg en 4,4kg geweeg het in die hospitaal gebore."

Leah en klein Lethlogonolo is kort ná sy geboorte uit die hospitaal ontslaan. Mahume sê dit gaan goed met hulle. 

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.