On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Human Interest

Twee duifies koer onderwater

───   KARIEN JORDAAN 11:20 Mon, 11 Jul 2016

Twee duifies koer onderwater  | News Article
Verskaf

Kaapstad - Al ooit gewonder hoe jy jou geliefde om haar of sy hand kan vra, op ‘n baie besondere manier?


Wel, Paul Santo het jou voorgespring met sy ‘groot vraag’ aan Madelein Marais - onderwater, in Kaapstad se Twee Oseane Akwarium se splinternuwe I&J Oseaan-uitstalling. 

Met duikbottels op die rug, het Santo in ‘n tenk met 1,6 miljoen liter water, tussen onder meer geelvintuna, groen seeskilpaaie en ‘n reuse sandkruiper ‘n bord opgehou met die woorde: Madelein will you marry me. Marais sê sy het nie vir een oomblik gedink ‘n huweliksaansoek is op hande nie. Trouens, dit was so koud dat Santo haar met groot moeite moes ompraat om saam met hom te gaan duik.

Marais sê sy was letterlik stomgeslaan. Sy hou baie van praat, maar dié keer kon sy nie 'n woord uitkry nie weens die onderwater-omstandighede.

Die I&J Oseaan-uitstalling is die eerste in sy soort in Suid-Afrika wat spog met ‘n 10 meter lange tonnel waardeur jy kan stap terwyl jy jou verlustig aan die skoonheid van die seewêreld.

“We love love. And when someone decides to propose to the love of their life here at the Two Oceans Aquarium, we are naturally very pleased. But when that proposal happens when both parties are underwater… Well, that’s just plain thrilling. And that’s exactly what happened on Saturday 2 July when Paul Santo popped the question to his now-fiancée, Madelein Marais,” sê die akwarium se Ingrid Sinclair. 

“Thank you, Madelein and Paul, for choosing us as your venue! We wish you the most fin-tastic future.”


OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.