On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Human Interest

Reddingspoging duur vier ure om ma-kat en kleintjies te red

───   07:20 Fri, 23 Sep 2016

Reddingspoging duur vier ure om ma-kat en kleintjies te red | News Article
Reddingswerkers en babakat. Foto: Netcare 911

Durban - Netcare 911-paramedici het vier ure lank gespook om 'n ma-kat en haar kleintjies uit 'n stormwaterpyp in Phoenix, Durban, te red.

Shaun Paul en Chris Quinton van die reddingsafdeling is na die toneel ontbied waar 'n ma-kat en haar kleintjies vasgekeer was. 

Met hul aankoms het hulle gevind dat dit glad nie 'n eenvoudige taak sou wees nie, maar met reën wat vir later die dag voorspel is, is 'n spesiale tegniese span ontbied om met die reddingspoging te help. 

'n Spesiale kamera is in die pyp laat sak om die katte op te spoor en daarna is pikke, grawe en 'n hoekslyper gebruik om die katte uit te kry. 

Die ma-kat en haar kleintjies is almal veilig uitgehaal en aan 'n dankbare eienaar terugbesorg.

Nuusvrystelling

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.