On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Local News

Dewetsdorp-skoolseun later in hof ná moord op koshuismatrone

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 14:32 Mon, 30 Nov 2015

Dewetsdorp-skoolseun later in hof ná moord op koshuismatrone  | News Article

Dewetsdorp - Die minderjarige skoolseun van die Jimmie Roos-jeugsorgsentrum, wat verlede week in hegtenis geneem is in verband met die moord op ‘n koshuismatrone by die skool, sal na verwagting Woensdag weer in die plaaslike landdroshof verskyn.


Vrystaatse polisiewoordvoerder, Yanda Ngcukana, sê die 15-jarige seun het vandag vlugtig verskyn op ‘n aanklag van moord.

Die seun het Carima Barnard, wat ook ‘n lodge by die skool bestuur het, verlede Dinsdag na bewering vermoor.

Barnard se lyk is by haar bakkie op die skoolterrein gevind. Sy het aan hoofbeserings beswyk.

Ngukana sê die seun se verhoor is vandag uitgestel vir regshulp. Hy sal na verwagting Woensdag aansoek om borgtog doen.

Intussen het die skoolhoof, Johnny Erlank, vroeër gesê die skool gaan nie meer ‘n gedenkdiens vir Barnard hou nie, nadat sy Saterdag op die dorp ter ruste gelê is. Erlank wil met die Vrystaatse onderwysdepartement vergader om oor die veiligheid van werknemers en leerlinge by dié skool te praat. Hy sê personeellede en leerlinge was erg getraumatiseerd ná Barnard se moord. Hulle het verlede week berading ontvang.

Die departement se woordvoerder, Howard Ndaba, was nie beskikbaar vir kommentaar nie.

OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.