On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
NEXT: 19:00 - 23:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Local News

Twee vas vir Rouxville-moord

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 08:56 Sat, 30 Jan 2016

Twee vas vir Rouxville-moord | News Article
Cecelia en Bennie Cilliers/Facebook

Rouxville - Die polisie in die Vrystaat het twee verdagtes in hegtenis geneem vir die aanval op 'n bekende boer en geneesheer en sy vrou op hul plaas by Rouxville.

Bennie en Cecilia Cilliers is gisteroggend omstreeks 09:30 in hul plaashuis deur 'n werknemer gevind.

Cilliers is in die kop en bors geskiet en is op die toneel dood verklaar. Sy vrou is per lugambulans na die Mediclinic Bloemfontein gebring, waar sy steeds in 'n kritieke toestand is.

Cecilia het 'n kopskietwond opgedoen.

Sy word ook vir ander veelvuldige beserings behandel.

Polisiewoordvoerder, Yanga Ngcukana, sê twee mans, onderskeidelik 30- en 42-jaar oud, is gisteraand omstreeks 22:00 in Bloemfontein in hegtenis geneem. Hulle was in besit van ‘n kamera, ‘n bottel brandewyn en ‘n skootrekenaar.

Ngcukana sê die verdagtes sal binnekort in die Rouxville-landdroshof verskyn.

Hulle staan tereg op aanklagte van moord en poging tot moord asook motordiefstal.

Die polisie het gister op die egpaar se wit bakkie, wat vermoedelik deur hul aanvallers gebruik is om op die vlug te slaan, by 'n taxi-staanplek in Bloemfontein afgekom.

OFM-nuus


Podcasts

Polisiewoordvoerder, Yanga Ngcukana:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.