On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Local News

Jonathan Jansen betuig medelye ná skoolbusongeluk

───   17:07 Tue, 16 Feb 2016

Jonathan Jansen betuig medelye ná skoolbusongeluk | News Article
Verskaf

Bloemfontein - Die rektor van die Universiteit van die Vrystaat, Jonathan Jansen, het sy medelye betuig aan sy kantoorbestuurder, Rhoda Grobler, wie se seun Nico vanmiddag in 'n busongeluk oorlede is.


ER24 se Russel Meiring sê met paramedici se aankoms op die toneel was die 16-jarige Nico reeds oorlede. 'n Man in sy dertigs is in 'n BMW vasgekeer. Hy is ook op die toneel dood verklaar.

Die polisie sê drie voertuie was betrokke in die botsing op die R705 sowat 12km buite Jacobsdal.

Die skoolhoof, Henco Gericke, het vroeër aan OFM-nuus gesê 19 leerlinge van die Hoër Landbouskool Jacobsdal was op een van twee busse wat na Kimberley vertrek het om aan 'n toutrek-byeenkoms by die Hoër Tegniese Skool deel te neem. Volgens hom het 'n rooi BMW 'n ander voertuig oor 'n sperstreep probeer verbysteek. Die BMW het gegly en nadat die bestuurder dit op die pad teruggepluk het, het die motor met die bus gebots. 'n Derde voertuig, 'n Toyota Condor met vier insittendes, het om 'n draai in die toneel vasgejaag.

Intussen beskryf die Vrystaatse Departement van Onderwys se woordvoerder, Howard Ndaba, die ongeluk as baie tragies.

Meiring sê drie van die beseerde leerlinge is na die Kimberley hospitaal geneem. Twee beseerdes is by 'n private dokter op die dorp behandel, terwyl een leerling na 'n nabygeleë kliniek geneem is. 

Christal-Lize Muller en Mark Steenbok/OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.