On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Local News

Sol Plaatje-munisipaliteit stap weg met louere

───   CATHY DLODLO 14:48 Mon, 11 Apr 2016

Sol Plaatje-munisipaliteit stap weg met louere | News Article

Kimberley - Die Sol Plaatje-munisipaliteit is as die mees stabiele munisipaliteit in die Noord-Kaap uitgesonder in Ratings Afrika se rangorde oor die finansiële volhoubaarheid van munisipaliteite in die land.


Dié munisipaliteit, wat in Kimberley gesetel is, het verlede jaar 76 indekspunte uit 100 behaal. Dit is net twee indekspunte laer as die top-posisie, wat deur twee munisipaliteite, onderskeidelik in die Wes-Kaap en KwaZulu-Natal, gedeel word.

Intussen het die Noord-Kaapse LUR vir finansies, Mac Jack begin met ‘n provinsiale imbizo waartydens hy munisipaliteite besoek om te kyk na maniere vir beter dienslewering.

Jack besoek vandag die Ubuntu-munisipaliteit, wat Loxton en Victoria-Wes insluit. Jack sê van die grootste uitdagings is werkloosheid.

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.