On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Local News

Cosatu Vrystaat teiken Trompsburg Primêre skool se bestuur

───   08:40 Tue, 26 Apr 2016

Cosatu Vrystaat teiken Trompsburg Primêre skool se bestuur | News Article

Bloemfontein - Cosatu in die Vrystaat gaan ‘n versoekskrif aan die bestuur van die Trompsburg Primêre skool vanoggend oorhandig.


Die vakbondfederasie is nie gelukkig oor die bestuur se vroeëre besluit om ‘n onderwyser aan te stel wat glo 'n ou Suid-Afrikaanse landsvlag en foto’s van die EFF-leier, Julius Malema langs bobbejane in sy klaskamer vertoon het nie.

Die Vrystaatse sekretaris van Cosatu, Monyatso Mahlatsi sê hulle is verbaas oor die vermetelheid van die skoolbestuur om Lenard Mac Kay aan te stel om weer met kinders te werk. Hy sê die skoolbestuur het nie in die beste belang van al die kinders in die skool opgetree nie.

Die skool het intussen verlede week Mac Kay se dienste by dié skool beëindig. Die beheerliggaamvoorsitter het in ‘n verklaring gesê die skool het dreigemente ontvang oor Mac Kay se posisie. Hulle wou nie die leerlinge se veiligheid in moontlike gedrang plaas nie.

Mac Kay in 2014 by die Laerskool Wilgehof in Bloemfontein afgedank weens sy onbehoorlike, skadelike en onaanvaarbare optrede.

André Grobler/OFM-nuus



Content hosted by iono.fm

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.