On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Local News

Operasie Hlasela-verslag: OB gekritiseer oor gesloer met ondersoek

───   CATHY DLODLO 05:36 Thu, 05 May 2016

Operasie Hlasela-verslag: OB gekritiseer oor gesloer met ondersoek | News Article
Public Protector Thuli Madonsela (Gallo images)

Bloemfontein - Bevestiging van die kantoor van die Openbare Beskermer (OB), Thuli Madonsela, dat die omstrede Operasie Hlasela-verslag vandag bekend gemaak gaan word, het kritiek oor die duur van die ondersoek uitgelok.


DA-LPW, Roy Jankielsohn, sê die ondersoek het lank gesloer in vergelyking met ander hoë-profiel politieke ondersoeke.

Die DA en Cope in die Vrystaat het in 2009 gesamentlik ’n saak by die OB aanhangig gemaak waarin sy gevra is om ondersoek in te stel na die werksaamhede van Operasie Hlasela. Dié projek is as ’n diensleweringsmeganisme aangewend, met ’n vrywillige fonds waartoe skenkings gemaak kon word.

Jankielsohn het egter Madonsela se aankondiging dat die verslag vandag uitgereik sal word, verwelkom.

Madonsela sal drie ondersoekverslae vandag uitreik wat fokus op die klagtes aangaande ’n geval van die beweerde mislukking van die skeiding van die staat en ’n politieke party.

Operasie Hlasela is deur die Vrystaatse premier, Ace Magashule, gedryf. Hy het destyds gesê dat die veldtog gebruik sal word om armoede in die Vrystaat te verlig.

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.