On Now
Weekdays 23:00 - 23:59
Overnight Oscar
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Local News

Skoor bekommerd oor Noordwes se geldsake

───   DANE BEISHEIM 14:28 Wed, 31 Aug 2016

Skoor bekommerd oor Noordwes se geldsake | News Article

Mahikeng - Die Staande Komitee oor Openbare Rekeninge in Noordwes is bekommerd oor die stand van die provinsie se finansiële sake.


Dit, volgens komiteevoorsitter, Mahlakeng Mahlakeng. Dit blyk uit die jongste verslag van die ouditeur-generaal dat daar R2 miljard se onreëlmatige uitgawes in die 2014/15-boekjaar was. 

Noordwes is, na wat berig word, die provinsie met die meeste onreëlmatige uitgawes in die land. 

Volgens Mahlakeng is daar reeds aanduidings dat daar ’n verdere R1 miljard se vrugtelose uitgawes vir die 2015/16-boekjaar gaan wees.

Mahlakeng sê alle plaaslike regeringsdepartemente sal eersdaags voor die komitee verskyn om rekenskap van hul finansies te gee.

OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.