On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
NEXT: 19:00 - 23:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Local News

Gru-ongeluk eis twee lewens by Deneysville

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 06:07 Wed, 21 Sep 2016

Gru-ongeluk eis twee lewens by Deneysville | News Article
Deneysville-ongelukstoneel. Foto: ER24

Deneysville - Die R549 tussen Deneysville in die Vrystaat en Heidelberg in Gauteng is heropen ná 'n botsing tussen twee vragmotors gisteraand.


Polisiewoordvoerder, Livhuhani Hani, sê die bestuurder van die aankomende vragmotor en 'n passasier is op die toneel dood. 

Sy sê 'n wa wat deur 'n vragmotor getrek is, het vermoedelik losgegaan waarna die bestuurder beheer oor die vragmotor verloor het. 

Dié vragmotor het met 'n aankomende vragmotor gebots. ER24 se woordvoerder, Russel Meiring, sê met paramedici se aankoms op die toneel was die wrakstukke van die betrokke vragmotors en ‘n wa in die pad. 

Hy sê 'n man was in 'n wrakstuk vasgekeer, terwyl nog 'n man buite gelê het. Hulle was reeds dood.

Hani sê owerhede was tot vanoggend besig om die toneel op te ruim sedert die ongeluk omstreeks 20:20 plaasgevind het. 'n Deel van die R549, sowat 2km van Deneysville, was vir verkeer gesluit en dit is weer vroeg vanoggend heropen.   

OFM-nuus

 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.