On Now
Weekends 05:00 - 06:00
Opstaan Anny
NEXT: 06:00 - 09:00 Weekend Breakfast with Gerben
Listen Live Streams

Local News

Vermeende daggahandelaar vandag in Upington-landdroshof

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 06:06 Thu, 22 Sep 2016

Vermeende daggahandelaar vandag in Upington-landdroshof | News Article
Gallo Images

Upington - 'n Vragmotorbestuurder wat dagga ter waarde van R2 miljoen vervoer het en wat by die Nakop-grenspos in die Noord-Kaap in hegtenis geneem is, sal na verwagting vandag in die Upington-landdroshof verskyn.

Polisiewoordvoerder, Sergio Kock, sê die 35-jarige Gift Mangumta sal na verwagting vandag amptelik om borgtog aansoek doen. 

Mangumta is in hegtenis geneem nadat operasionale polisie sy vragmotor by die grenspos deursoek en 400kg dagga gevind het.  

Die dagga was in vier splinternuwe dubbelkajuit-bakkies weggesteek wat op die vragmotor gelaai was. 

Kock sê Mangumta staar aanklagte van daggahandel in die gesig. 

Die vragmotor was van Suid-Afrika na Namibië onderweg.

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.