On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Local News

Akademiese bedrywighede by Sol Plaatje Universiteit opgeskort vir vandag

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 09:03 Tue, 27 Sep 2016

Akademiese bedrywighede by Sol Plaatje Universiteit opgeskort vir vandag | News Article

Kimberley - Die bestuur van die Sol Plaatje Universiteit in Kimberley in die Noord-Kaap vergader vanoggend met lede van die Studenteraad (SR) oor die pad vorentoe.


Vise-rektor, Yunus Ballim, sê akademiese bedrywighede is sedert gister op dié kampus opgeskort. 

Volgens hom gaan administratiewe dienste egter voort. Hulle sal op die vergadering onder meer besluit of akademiese bedrywighede vandeesweek hervat gaan word.  

Ballim sê daar sal ook vandag gepraat word oor die kwessie van klasgeld.

Gister is 24 studente deur die polisie vir ondervraging aangehou, maar weer laat gaan op die voorwaarde dat hulle nie bedrywighede op die kampus sal ontwrig nie.

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.