On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Local News

Baaitjies se beweerde moordenaars borgtog geweier

───   MARK STEENBOK 15:10 Tue, 25 Oct 2016

Baaitjies se beweerde moordenaars borgtog geweier | News Article

Postmasburg - Die ses verdagtes wat in hegtenis geneem is ná die moorde op ‘n DA-raadslid, Johannes Baatjies, en sy sakevennoot, Shuping Nouse, is vandag in die Postmasburg-landdroshof borgtog geweier.


Die Valke se woordvoerder, Philani Nkwalase, sê die saak is tot 29 November vir verdere ondersoek uitgestel. 

Die ses mans word daarvan beskuldig dat hulle Baatjies en Nouse geskiet het kort nadat die DA die plaaslike verkiesing in die gebied gewen het. 

Baatjies en Nouse het op 17 Augustus gedink hulle gaan 'n kliënt sien betreffende 'n potensiële bouprojek, maar is toe oënskynlik in 'n lokval gelei en geskiet. Baaitjies se lyk is langs die pad tussen Daniëlskuil en Postmasburg gevind, terwyl 'n swaar gewonde Nouse in Baaitjies se bakkie 'n ent daarvandaan gekry is. Hy is 'n week later in 'n Kimberleyse hospitaal oorlede. 

Die moorde was na bewering polities gemotiveerd.

OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.