On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Anny
Listen Live Streams

Local News

Noord-Kaapse sangpaar rap provinsie aan die brand

───   CATHY DLODLO 15:14 Thu, 27 Oct 2016

Noord-Kaapse sangpaar rap provinsie aan die brand | News Article

Kimberley - Afrikaans is cool en dit is beter om oor probleme te praat as om stil te bly. Dit is die boodskap van ‘n ongewone sangpaar van die Noord-Kaap wat besig is om dié provinsie aan die brand te rap.


Ruark Cloete, ‘n sportwetenskaplike wat in Kuba as deel van die provinsiale regering se uitruilprogram gestudeer het, en  John Henn – ‘n student aan die plaaslike kollege – het pas hul eerste CD bekend gestel.

Bestuurder, Earl Richards, sê musiekliefhebbers is mal oor die paar se Hip Hop- en R&B fusion-snitte wat bedoel is om mense in hul eie taal te inspireer om die alledaagse probleme wat die gemeenskappe in die Noord-Kaap ondervind, aan te pak.

Hy sê ‘n voorsmakie van die gewilde paar is nou ook aanlyn beskikbaar.

OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.