On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Local News

Vrystaatse LUR moet moontlike behuisingkorrupsieskandaal verduidelik

───   ANDRE GROBLER 15:57 Fri, 20 Jan 2017

Vrystaatse LUR moet moontlike behuisingkorrupsieskandaal verduidelik | News Article

Die Demokratiese Alliansie wil hê die Vrystaatse LUR vir Behuising, Sisi Ntombela, moet kom verduidelik oor ‘n moontlike behuisingkorrupsieskandaal in die Vrystaat ter waarde van R1 miljard.


Die Vrystaatse DA Wetgewerlid, Leona Kleynhans, sê die party het aan die Wetgewerkomitee oor behuising se voorsitter, Sarah Moleleki, geskryf om die LUR na ‘n komiteesitting te nooi. Sy sê die LUR moet ‘n geleentheid gegun word om te verduidelik oor die sogenaamde skandaal. Kleynhans sê die komitee sou graag die name van kontrakteurs, amptenare en individue wil hê wat geïmpliseer word.

Sy sê dit sou ook goed wees om te hoor watter aksies geneem word teen die beskuldigdes. Kleynhans sê dit is onrusbarend dat die name van die voormalige Vrystaatse LUR, Mosebenzi Zwane, en ander soos die voormalige SAUK-hoof, Hlaudi Motsoeneng, en die vrou van ‘n minister met die beweerde ongerymdhede verbind word.

Na bewering is geld vir die bou van tussen 11 000 en 14 000 huise aan verskeie kontrakteurs betaal, waarvan min of geen huise opgespoor kan word nie.


OFM-nuus



@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.