On Now
Weekends 16:00 - 20:00
OFM Decades James
Show Background
NEXT: 20:00 - 23:59 Saturday Nights with OFM
Listen Live Streams

Local News

Inwoners ruk op teen dwelmneste in Heidedal

───   CATHY DLODLO 09:44 Fri, 03 Feb 2017

Inwoners ruk op teen dwelmneste in Heidedal | News Article
File photo

Heidedal - Inwoners van Heidedal, Bloemfontein, en lede van die plaaslike werkloosheidsorganisasie, NUVO (National Unemployment Voters Organisation), gaan vandag die strate van die woonbuurt invaar om teen dwelmneste te betoog.


Die organisasie het toestemming gekry vir ‘n optog in Heidedal waartydens ‘n memorandum aan die polisie oorhandig sal word. 


NUVO-president, Mzwandile Phupha, sê dit is alombekend dat Heidedal die middelpunt van die dwelmnetwerk in Bloemfontein is en dat dit hoogtyd is dat die polisie daarteen optree. "Ons gaan die polisie uitdaag om verantwoording te doen oor wat hulle doen om die dwelmprobleem uit te roei. Die dwelms in Heidedal is besig om oor te spoel na die res van die stad."


OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.