On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

National

Sirkusleeus hervestig in Afrika

───   09:23 Sun, 01 May 2016

Sirkusleeus hervestig in Afrika | News Article
Op pad na hul nuwe tuiste, 33 leeus van Suid-Amerika is gister na Suid-Afrika gebring (Animal Defenders International).

Johannesburg - Die gebrul van 33 leeus, wat van sirkusse in Peru en Kolombië gered is, het gister met hul aankoms deur die OR Tambo Internasionale Lughawe naby Johannesburg weergalm.


Die president van Animal Defenders International (ADI), Jan Creamer, het aan AFP gesê die diere lyk gesond, maar is bietjie onsenu na hul lang reis.

Hul nuwe tuiste is die Emoya Big Cat Sanctuary in Vaalwater, Limpopo.

Die leeus is in aanhouding geteel en kan nie na hulself omsien sou hulle in die natuur vrygelaat word nie. Hulle sal egter nou vir die eerste keer in hul natuurlike habitat leef onder die wakende oë van hul omsieners.

AFP

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.