On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

National

Regter lewer moontlik môre uitspraak in saak van vier SAUK-joernaliste

───   10:45 Sun, 24 Jul 2016

Regter lewer moontlik môre uitspraak in saak van vier SAUK-joernaliste | News Article

Pretoria - Die vakbond Solidariteit en die vier SAUK-joernaliste verwag eerskomende Maandag uitspraak in die arbeidshofsaak.


Dit, nadat die betrokke joernaliste Foeta Krige, Suna Venter, Krivani Pillay en Jacques Steenkamp op Vrydag 22 Julie die hof genader het om ’n interdik te bekom om hul afdankings ter syde te stel.


Die regter, Rob Lagrange, sal Maandagoggend om 09:00 finaal aandui of hy om 10:00 die uitspraak sal lewer. Indien uitspraak nie Maandag gelewer kan word nie, sal dit definitief Dinsdag gelewer word.


Volgens Dirk Hermann, Solidariteit se bedryfshoof, is Solidariteit daarvan oortuig dat hulle daarin geslaag het om te bewys dat die vier se afdanking onregmatig en strydig met wetgewing was. Ons is daarvan oortuig dat ons lede binnekort terug by die werk gaan wees om in diens van die publiek op te tree deur inligting te verskaf,” het Hermann gesê.


Solidariteit sal op ’n mediakonferensie ná die hofsitting 'n volledige verduideliking van die uitspraak aan die media voorhou.


Verklaring verskaf.


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.