On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
NEXT: 19:00 - 23:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

National

SAUK gee uiteindelik in - joernaliste mag terugkeer werk toe

───   16:16 Wed, 27 Jul 2016

SAUK gee uiteindelik in - joernaliste mag terugkeer werk toe  | News Article

Johannesburg - In 'n finale sege teen die SAUK se sensuurbeleid het die openbare uitsaaier vandag uiteindelik toegegee deur die vier afgedankte SAUK-joernaliste toe te laat om môreoggend weer aan te meld vir werk.


Dit volg nadat die SAUK vanoggend die deur vir drie van die vier afgedankte joernaliste gewys het toe hulle kragtens gister se arbeidshofuitspraak weer vir werk opgedaag het.


Solidariteit het die SAUK vandag egter voor 'n ultimatum gestel om sy lede voor 16:00 vandag by hul werkplek toe te laat, anders sal die vakbond ’n voldoeningsbevel en ’n aansoek vir minagting van die hof teen die staatsuitsaaier bring. Die SAUK het in reaksie op skrif bevestig dat die SAUK-4 môre mag terugkeer werk toe. Hulle het hul voorneme om te appelleer ook laat vaar.


“Solidariteit en die joernaliste is uiteraard baie verlig oor die nuutste verwikkeling. Ons is egter teleurgesteld dat ons met verdere hofaksies moes dreig om die afgedankte joernaliste terug by die werk te kry. Die joernaliste is veral verlig dat hulle nou uiteindelik kan doen wat hulle graag wil doen, naamlik om objektief, veral oor die komende plaaslike verkiesing, te berig,” sê Hermann.


Hermann het bygevoeg dat laasgenoemde 'n strategiese oorwinning is, maar het beklemtoon dat die oorlog nog nie gewen is nie. “Ons doen 'n beroep op burgerlike organisasies om die druk op die SAUK en die parlement te verskerp sodat daar ’n leierskapverandering by die SAUK kan plaasvind,” sê Hermann.


Verklaring verskaf


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.