On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben
NEXT: 09:00 - 12:00 The Central SA Top 30 with Nolwethu
Listen Live Streams

National

Tien in hegtenis ná hondegeveg

───   05:56 Tue, 30 Aug 2016

Tien in hegtenis ná hondegeveg | News Article

Soweto - Tien mense is in Dobsonville in Soweto in hegtenis geneem nadat hulle by 'n hondegeveg betrokke was.

Die DBV se Spesiale Ondersoek-eenheid sê nege beseerde Amerikaanse veghonde is tydens die klopjag gered.  Die diere se eienaars het van die toneel van die hondegeveg gevlug, maar is later deur polisie in hegtenis geneem.  

Die DBV moes onmiddellik noodbehandeling op die honde toepas.  Kriminele aanklagte kragtens die Dierebeskermingswet is teen al die betrokkenes gelê. Polisie vermoed sommige van die honde is gesteel.  

Persone wat vermoed dat van dié gesteelde veghonde hulle s'n kan wees, kan 'n foto van die dier aan die e-posadres specialinvestigations1@nspca.co.za stuur. 

News24

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.