National
Tonge klap steeds oor Tutu-Dalai Lama debakel─── 16:36 Sat, 08 Oct 2011

Die tonge is steeds los omdat die Aartsbiskop Emmeritus Desmond Tutu se jarelange vriend, die Dalai Lama, nie sy 80ste verjaarsdagpartytjie kon bywoon nie. Die Tibettaanse geestelike leier het gister deur 'n video-verbinding by die Wits Universiteit - waar hy die naweek 'n toekenning sou ontvang - gepraat. Daarin het hy gesê hoe hartseer dit is dat hy nie die land kon besoek nie. Hy het Donderdag gekanselleer weens 'n gesloer met sy visum-aansoek. Daar bestaan wye spekulasie dat Suid-Afrika huiwerig was om die visum goed te keur, weens die land se ekonomiese bande met China. Senior ekonoom Dawie Roodt sê China gaan al hoe meer 'n impak op Suid-Afrika se politieke uitkyk hê, omdat dit 'n ekonomiese reus is.
East Coast Radio Newswatch
Tonge klap steeds oor Tutu-Dalai Lama debakel: