On Now
Weekends 09:00 - 12:00
The Central SA Top 30 Nolwethu
NEXT: 12:00 - 16:00 Saterdag Siësta with Laurika
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Eetbare insekte kan voedselonsekerheid help bekamp

───   ELSABÉ RICHARD 15:36 Tue, 02 May 2023

Landbounuus-podcast: Eetbare insekte kan voedselonsekerheid help bekamp | News Article
FOTO: https://www.tfpd.co.za/experiences/mopane-worms

Eetbare insekte soos mopani-wurms is nie net 'n goeie bron van proteïene vir mens en dier nie, maar kan voedselonsekerheid in Suid-Afrika help bekamp.

Die Noordwes-Universiteit se Luiza de Sousa deel ván die voordele van 'n eetbare insekboerdery. Dr Cathy Dzerefos van Tshwane Universiteit van Tegnologie voeg by dat eetbare insekte 'n goeie bron van inkomste is.

Ondersoeke duur voort nadat 'n personeellid van 'n privaatwildreservaat in die Wes-Kaap op Werkersdag sy lewe verloor het toe hy noodlottig beseer is deur 'n olifant. Volgens Inverdoorn Private Game Reserve is die olifant al ongeveer 15 jaar by dié reservaat. Hulle betuig ook hul innige simpatie en meegevoel aan Kabelo Botha Mashao se familie, vriende en kollegas, en sê ondersteuning sal gebied word aan personeellede en almal wat deur die verlies geraak word.

Die Departement van Bosbou, Visserye en die Omgewing sê daar is nog geen aanduiding dat die dood van een van die 12 jagluiperds wat in Ferbruarie na Indië verskuif is, weens enige vorm van aansteeklike siekte is nie. Die wilde katte is verskuif as deel van 'n inisiatief om die jagluiperd-meta-bevolking in Indië uit te brei.

Vroeë aanduidings is dat produsente beplan om byna 543 000 hektaar koring aan te plant vir die 2023-produksieseisoen. Volgens die Nasionale Oesskattingskomitee is die grootste produserende gebiede in die Wes-Kaap, gevolg deur die Vrystaat en die Noord-Kaap.

EN 

Interras-kampioenskappe vir beeste het afgeskop by die 140de Bloemskou. Martin Syferd, een van die land se top interras-beoordelaars, sê dis belangrik dat produsente nie die verskeie rasse met mekaar vergelyk nie. Dit is omdat elke ras in sy standaard van oortreflikheid beoordeel moet word. Bloemskou duur voort tot Saterdag 6 Mei.

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.