On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agriculture

‘Weidingstoestande in Noord-Kaap bevredigend'

───   11:32 Sat, 06 May 2023

‘Weidingstoestande in Noord-Kaap bevredigend' | News Article
President van Agri Noord-Kaap, Nicol Jansen.

“Die weidingstoestande in die Noord-Kaap is meestal bevredigend met laat seisoenreën wat tog welkom sal wees in droogtegeteisterde gebiede.”

Die President van Agri Noord-Kaap, Nicol Jansen, sê boere in veral die westelike dele van die provinsie, wat strek van Garies tot by Springbok, tot sover as Calvinia in die Hantam, sal laat seisoenreën verwelkom om hul weidingstoestande aan te help.

Jansen sê die westelike dele van Garies bly droog met ondergemiddelde of geen reën.

Hy sê boere by Williston en Griekwastad trek ook swaar met die reën wat wegbly terwyl die winterreënseisoen voorlê.

Die landboubedryf bly volgens hom hoopvol vir laat seisoenreën ondanks vloedreën wat vroër ervaar is en die feit dat ryp reeds in probleemgebiede voorgekom het.

OFM Nuus/Roderick Titus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.