On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben
NEXT: 09:00 - 12:00 The Central SA Top 30 with Nolwethu
Listen Live Streams

Agriculture

Wees seker jy eet wel Karoolam

───   ROBYN SCHUTTE 05:00 Thu, 25 Apr 2024

Wees seker jy eet wel Karoolam  | News Article
Om seker te maak dat verbruikers egte Karoolam aankoop, word aanbeveel dat hulle na die Karoolam Konsortium se gelysde handelaars en verskaffers kyk. FOTO: iStock

Die toekenning van ’n GI-status is ’n belangrike mylpaal vir enige produk, aangesien dit die unieke eienskappe en oorsprong van daardie produk erken en beskerm.

Hoewel die gesogte Geografiese Indikator (GI)-status aan Karoolam toegeken is, is produsente bekommerd oor produkte wat onder die Karoolam-handelsnaam verkoop word, maar nie aan die Karoolam GI vereistes voldoen nie.

Die toekenning van ’n GI-status is ’n belangrike mylpaal vir enige produk, aangesien dit die unieke eienskappe en oorsprong van daardie produk erken en beskerm.

“Die GI-status beskerm die spesifieke produk teen vervalsing en misbruik van die naam, wat ’n groot faktor is in die beskerming van die oorsprong van die Karoolam,” vertel die uitvoerende bestuurder van die Karoolam-konsortium, Charles Erasmus.

Erasmus het benadruk dat die unieke bossies en bioom van die Karoo die produk onderskei en ’n groot rol speel in die toekenning van die GI-status. Die proses om die status te verkry, het ’n langdurige navorsings- en aansoekproses behels, met die finale goedkeuring wat in Oktober 2023 verkry is.

Vir produsente en verbruikers bring die GI-status verskeie voordele. Dit beskerm die regte van produsente en verseker dat verbruikers egte Karoolam koop. Daarbenewens het die konsortium planne om ’n naspeurbaarheidstelsel in plek te sit om die hele waardeketting te beskerm en verbruikers gemoedsrus te gee dat hulle die regte produk aankoop.

Om seker te maak dat verbruikers egte Karoolam aankoop, word aanbeveel dat hulle na die Karoolam-konsortium se gelysde handelaars en verskaffers kyk.

Die verkryging van die GI-status vir Karoolam is ’n belangrike mylpaal vir die Karoolam-bedryf en bied ’n beskermde handelsmerk vir hierdie unieke Suid-Afrikaanse produk.

OFM/Agriculture

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.