On Now
Weekends 20:00 - 23:59
The Music Man Mix The Music Man
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus: Dieselpryse styg dalk met byna 50 sent per liter in Augustus

───   ELSABÉ RICHARD 16:34 Wed, 19 Jul 2023

Landbounuus: Dieselpryse styg dalk met byna 50 sent per liter in Augustus | News Article
FOTO: Jannis Knorr/Pexels.

Boere gaan ’n strawwe Augustus te gemoet weens ’n onderverhaling van sowat 48 sent per liter in die dieselprys.

Ongeouditeerde middel-maand brandstofdata van die Sentrale Energiefonds wys ook paraffien ervaar 'n onderverhaling van 47 sent per liter, terwyl die 95-oktaan petrolprys 'n onderverhaling van 7 sent per liter toon en 93-oktaan petrol ongeveer 1 sent per liter. Die AA sê die huidige trajek toon alle brandstoftipes sal in Augustus duurder word, waarskynlik selfs meer as wat die huidige data aandui.

Die polisie in Noordwes het die saak waarin 'n boer dood gevind is naby sy plaashek, verander van 'n geregtelike doodsondersoek na moord. 67-jarige Fred Jansen van Rensburg het die plaas in die Boshoek-omgewing naby Sun City bestuur. Werkers het  Saterdagoggend 8 Julie op sy liggaam afgekom. 

TLU SA en Saai bedank Agri SA vir sy bydrae in die Moladora-saak waarin uitspraak onlangs gelewer is ten gunste van grondbesetters wat vee sonder toestemming op plase aanhou. Tot dusver is die saak deur TLU SA, Saai, Agri Noordwes en Mpumalanga Landbou gedryf, weens die verdoemende gevolge wat die kwessie kan inhou vir eiendomsreg en boere. TLU SA hoofbestuurder Bennie van Zyl hoop nog landbou-organisasies sal die belangrikheid van samewerking sal besef, sodat die saak versterk kan word tot voordeel van die landbou.

Kort op die hakke van die uiterste winterweerstelsel wat 'n week gelede gelei het tot wydverspreide sneeu en bitter koue, word verwag dat nog 'n afsnylaagtepunt 'n dramatiese daling in temperatuur, met sneeu op plekke, oor die suidelike helfte van die land sal veroorsaak. Die SA Weerdiens sê die stelsel sal lei tot 'n skielike en wydverspreide daling in maksimum temperature, veral oor die Kaap-provinsies. Sneeuval word voorspel oor die hoër berge.

EN

In die komiese nuus van die naweek het die ANC se Nasionale Uitvoerende Komitee die Minister van Finansies gevra om dringend te beraadslaag met die Reserwebank oor sy neiging om die repo-koers verhoog. NWU-ekonoom Waldo Krugell sê komiteelede vra dat ander maatreëls ondersoek word om ekonomiese uitdagings die hoof te bied.

OFM Nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.