On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Off-Beat-News

Gewilde sepie môreaand wel op kassie

───   08:50 Sun, 23 Oct 2016

Gewilde sepie môreaand wel op kassie | News Article

Johannesburg - Televisiesepie 7de Laan het weer ’n kontrak, maar Rapport berig daar is ’n Hlaudi Motsoeneng-donderwolk wat dreig om in Hillside los te bars.


SAUK-woordvoerder, Kaizer Kganyago, het gister aan die Sondagkoerant bevestig die kontrak, wat blykbaar R250 miljoen beloop, is uiteindelik afgehandel.

Akteurs en produksielede van 7de Laan het Donderdag paniekerig geraak toe die produksiehuis Danie Odendaal Produksies hulle waarsku dat hulle moontlik nie dié week betaal gaan word nie omdat die produksiehuis nie geld by die SAUK kan kry sonder ’n getekende kontrak nie. 

Woordvoerder van die sepie, Rosa-Mari Erasmus, sê daar sal  eers duidelikheid oor môreaand se episode wees ná die vergadering met die SAUK. ’n Afvaardiging van die SAUK, wat glo Motsoeneng insluit, wil die hele 7de Laan-span glo môreoggend onder oë neem.

Netwerk24

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.