On Now
Weekdays 23:00 - 23:59
Overnight Oscar
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web – Troeteldiere is heldersiende

───   15:22 Wed, 21 Feb 2024

Weird Wide Web – Troeteldiere is heldersiende | News Article
Foto: mirror.co.uk

“Diere reageer op ons emosies en hulle kan aanvoel wanneer ons hartseer of ongelukkig is.”

Jy besluit dit is tyd om jou troeteldier kos te gee en dan skielik is hy net daar. Kan hulle jou gedagtes lees of is daar ’n ander verklaarbare rede? Sielkundiges sê dit is moontlik Woef of Kiets verstaan jou beter as wat jy dink.

As deel van National Love Your Pet Day, het Buzz Bingo met Dennis Relojo-Howell, 'n sielkundige en die besturende direkteur van Phsyreg, gepraat. “Troeteldiere is ons metgesel, vertroueling en dikwels 'n bron van verwondering. Onlangse navorsing toon troeteldiere het ’n dieper en selfs psigiese band met hul eienaars,” sê hy.

Die band is meer as net die tasbare en hy beweer diere het psigiese vermoëns soos telepatie en heldersiendheid.

Lees ook: What's on the menu - Tuisgemaakte Sweetie pie

Hy sê diere reageer op ons emosies en hulle kan aanvoel wanneer ons hartseer of ongelukkig is. Hulle is ook heldersiende en kan jou waarsku deur hul gedrag teen natuurrampe.


“Daar is baie voorbeelde van katte, honde en selfs voëls wat reageer op ’n teenwoordigheid wat die mens nie kan sien nie.”

Lees ook: Weird Wide Web – Geheimsinnige gat op Dublin-strand gevind

Dalk verdien jou troeteldier nou ekstra liefde en waardering.

Lees meer

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.