On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben
NEXT: 09:00 - 12:00 The Central SA Top 30 with Nolwethu
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web – Polisie geskok oor bankrowers se ouderdom

───   15:19 Thu, 28 Mar 2024

Weird Wide Web – Polisie geskok oor bankrowers se ouderdom | News Article
Foto: Pixabay

“Daar is niks snaaks aan hierdie misdaad nie.”

Drie seuns van 11, 12 en 16 jaar is in die Amerikaanse deelstaat Texas in hegtenis geneem. Die meeste kinders speel videospeletjies of kyk TV maar dié drie het besluit om eerder ’n bank in Houston te beroof. Hulle het op 14 Maart  by die bank Wells Fargo in Greenspoint ’n brief aan die kassier gegee en gevlug met ’n onbekende hoeveelheid geld.

Die polisie was geskok toe hulle die beeldmateriaal sien en besef dit is kinders wat die bank beroof het. Mike Schneider, ’n afgetrede regter van die jeugdistrikshof, het aan ABC13 gesê dit is die eerste keer dat hy van sulke jong bankrowers hoor en dit is moontlik dat ’n volwassene betrokke was.

Lees ook: Conspiracy Corner – Internet issues

Hulle sal aangekla word van roof en kan gevonnis word vir ’n proeftydperk tot hulle 18 jaar oud is, of na ’n jeugtronk gestuur word tot hulle 19 jaar is. In die brief aan die kassier het hulle beweer hulle is gewapen al is geen vuurwapen in hul besit gekry nie.
Die FBI het ná die rooftog hul foto’s op plakkate gesit met die opskrif: “Do you know these little rascals.” Die ouers van die jongste twee het hulle na die polisie geneem en die 16-jarige is herken nadat hy in ’n onverwante bakleiery betrokke was.

“Daar is niks snaaks aan hierdie misdaad nie,” het Bill Daly, gewese ondersoeker van die FBI, aan Inside Edition gesê.“As die polisie in die bank sou kom en hulle ’n bedreiging ingehou het, kon iets erger gebeur het. Dit maak nie saak hoe jonk ’n oortreder is nie.”

Lees meer

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.