On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Other News

Froome behou geeltrui in reën en hael

───   MORGAN PIEK 13:47 Mon, 11 Jul 2016

Froome behou geeltrui in reën en hael | News Article
Chris Froome - Chris Graythen

Hael en reën het die jaers se taak gister moeilik gemaak tydens die 9de skof van die Tour de France, maar die voormalige kampioen, Chris Froome, kon die voorloper se geeltrui behou.


Die negende skof, ’n strawwe bergskof oor 184.5 km tussen Vielha Val d’Aran en Andorre Arcalis, is deur die Nederlander, Tom Dumoulin, in ’n tyd van 5 uur, 16 minute en 24 sekondes gewen.

Rui Costa van Portugal was tweede, sowat 38 sekondes ná Dumoulin, met Pole se Rafal Majka derde.

Froome (44:36.03) is steeds algeheel voor, en is gevolg deur Adam wat 16 sekondes agter hom is en Daniel Martin.

Suid-Afrika se Louis Meintjies, wat 55 sekondes agter Froome is, is in die algehele negende plek.

Dimension Data se Mark Cavendish het sy voorste posisie in die punte-afdeling behou en dra dus nog die groentrui.

Die jaers sal vandag ‘n rusdag geniet voor môre se 10de skof tussen Escaldes-Engordany en Revel.

Morgan Piek/OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.