On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Rugby

De Jager lei die Cheetahs teen Reds

───   MORGAN PIEK 17:28 Fri, 29 Apr 2016

De Jager lei die Cheetahs teen Reds | News Article
Lood de Jager - Gallo

Die Sharks het vanoggend vasgeval in die Super Rugby nadat hulle naelskraaps met 24-22 teen die Chiefs verloor het by die Yarrow-stadion in New Plymouth.


Seta Tamanivalu en Michael Leitch die Chiefs se drieë gedruk, terwyl Kyle Cooper, Garth April en Chiliboy Ralepelle oor die doellyn gaan kuier het vir die Sharks.

Losskakel Aaron Cruden het egter vier strafskoppe deur die pale gejaag vir die Chiefs, teenoor die een van die besoekers.

In Vrydag se tweede wedstryd het die Bulls die Western Force met 42-20 in Perth getroef.

Intussen sal die Springbok-slot, Lood de Jager, die Toyota Cheetahs aanvoer wanneer hulle die Reds in Brisane pak.

Senter, Francois Venter, het homself vanuit die span onttrek vir die kragmeting weens ‘n kuitbesering.

Michael van der Spuy sal vir Venter in die middelveld vervang. Van der Spuy se plaasvervanger is nog nie bekend nie.

Satermiddag pak die Lions die Highlanders in Johannesburg om17:05, die Stormers meet kragte met die Waratahs om 19:10 in Kaapstad en om 23:40 speel die Jaguares teen die Southern Kings in Buenos Aires.

Toyota Cheetahs - 15 Clayton Blommetjies, 14 Sergeal Petersen, 13 Nico Lee, 12 Michael van der Spuy, 11 Raymond Rhule, 10 Fred Zeilinga, 9 Shaun Venter, 8 Henco Venter, 7 Uzair Cassiem, 6 Paul Schoeman, L5 ood de Jager (kaptein), 4 Carl Wegner, 3 Maks van Dyk, 2 Torsten van Jaarsveld, 1 Charles Marais.

Plaasvervangers - 16 Jacques du Toit, 17 Luan de Bruin, 18 Aranos Coetzee, 19 Francois Uys, 20 Oupa Mohoje, 21 Tian Meyer, 22 Niel Marais, 23 (Speler sal nog aangekondig word).

Morgan Piek OFM News

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.