On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Rugby

Vier Cheetahs-stutte verleng kontrakte

───   MORGAN PIEK 14:04 Thu, 19 May 2016

Vier Cheetahs-stutte verleng kontrakte | News Article
Ox Nche - Morgan Piek

Die Toyota Cheetahs het ‘n groot hupstoot gekry met die nuus dat al vier stutte hulself vir die volgende seisoen tot die span verbind het.


Ox Nche, Charles Marais, Danie Mienie en BG Uys het almal hul kontrakte met die span verleng tot minstens aanstaande jaar.

Nche het dié seisoen die beste van sy geleenthede in die Super Rugby-span gebruik gemaak nadat Mienie tydens die voorseisoen en in die kompetisie beserings opgedoen het.

Alhoewel Nche in Super Rugby gedwing is weens Mienie se beserings, het hy aan OFM-sport gesê hy het ‘n paar waardevolle lesse in die kompetisie geleer.

Die Cheetahs het die week ‘n loslootjie in die Super Rugby-toernooi en pak volgende week die Stormers in die Moederstad.

Intussen meet die Lions Saterdagmiddag om 15:00 kragte met die Jaguares, die Sharks pak die Kings om 17:10 in Durban en die week se rugby sluit af met die noord-suid-buurstryd tussen die Bulls en Stormers op Loftus Versveld.

Morgan Piek OFM News

- Download the OFM app in the Apple or Android app store to read the latest news/sports stories.

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.