On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
NEXT: 19:00 - 23:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Rugby

Blitsbokke eindig tweede in Wêreldrugby se sewesreeks

───   MORGAN PIEK 07:55 Mon, 23 May 2016

Blitsbokke eindig tweede in Wêreldrugby se sewesreeks | News Article
Philip Snyman en Osea Kolinisau van Fidji - Gallo

Die Springbok-sewesspan het gisteraand tweede in die Wêreldrugby se sewesreeks geëindig nadat hulle in die bekereindstryd van die Londen-sewestoernooi teen Skotland vasgeval het.


Skotland het in die doodsnikke van die wedstryd op Twickenham die doellyn oorgesteek om die wendrie te druk en Suid-Afrika met 27-26 te troef.

Dit was ook die eerste keer dat die Skotte daarin geslaag het om ‘n bekereindstryd in die sewesreeks te bereik.

Die Blitsbokke het die eindstryd gehaal nadat hulle die prins van Sewesrugby, Fidji, met 26-21 in die halfeindtryd verslaan het, terwyl Skotland koning gekraai het oor die VSA met ‘n 24-17-sege.

Die nederlaag in die eindstryd plaas Suid-Afrika tweede ná Fidji op die punteleer met 171 punte.

Die Fidjiane is met 181 punte weer eens die kampioene, terwyl Nieu-Seeland die derde plek met 158 punte beklee.

Die spanne neem nou almal ’n blaaskans en sal weer koppe stamp op die Olimpiese Spele in Rio de Janeirio in Augustus.

Morgan Piek/OFM-nuus

- Download the OFM app in the Apple or Android app store to read the latest news/sports stories.

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.